Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vroue (91 en 87) in oord in Sunridge Park vermoor

Twee bejaarde vroue is Donderdagoggend dood in hul onderskeie kamers in ’n aftreeoord in Port Elizabeth aangetref.

Na verneem word is die twee vroue vasgebind op hul beddens in die St. John-aftreeoord in die Sunridge Park-woonbuurt gevind.

Die een slagoffer is 91 jaar oud en die ander een 87 jaar.

Hulle is omstreeks 06:00 deur personeel aangetref.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die motief is nog onbekend, maar roof blyk die rede vir die aanval te wees, aangesien die vroue se kamers deurmekaar gekrap is.

Die forensiese dienste kom Donderdagoggend by die St John-aftreeoord aan. Foto: Cara Lee Dorfling
’n Veiligheidswag staan Donderdag buite die St. John-aftreeoord in Sunridge Park, Port Elizabeth. Foto: Cara Lee Dorfling

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Sunridge Park  |  Aftreeoord  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.