Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vroue op trein deur glasskerwe getref

Twee vroue is Maandag op ’n trein buite Worcester in die Wes-Kaap deur skerwe glas in die gesig getref nadat ’n klip glo deur die venster van hul kompartement gegooi is.

Lance Witten, ’n redakteur van die Cape Argus, was op dieselfde trein toe die voorval gebeur het.

Hy het op die toneel afgekom toe hy verby die kompartement geloop het.

“Daar was glas oral. Mense was besig om stukkies glas uit die ouer vrou se hare te haal en daar was ook ’n stukkie glas in die wang van die jonger een,” sê Witten.

Die trein was Maandagaand nog onderweg na Kaapstad.

Polisiebeamptes op die trein het ná die voorval as voorsorgmaatreël passasiers gevra om die blindings voor hul vensters toe te trek.

Witten sê personeel op die trein het aan hom gesê daar word gereeld klippe deur vensters van die trein gegooi.

Meer oor:  Worcester  |  Trein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.