Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vroue vas ná baba verkoop word

Twee vroue sal Maandag in die landdroshof in Cala in die Oos-Kaap verskyn ná die verkoop van ’n pasgebore baba.

Volgens Lwando Zenzile, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke, die Valke, is ’n 21-jarige vrou in Cala en ’n 30-jarige vrou in Kemptonpark aan die Oos-Rand Donderdag gearresteer.

“Daar word beweer dat die 21-jarige vrou op 10 Oktober geboorte geskenk het en dat sy haar baba aan die 30-jarige vrou, wat sy in Februarie ontmoet het, oorhandig het,” sê Zenzile.

“Toe die pa van die kind wou uitvind waar die kind is, het die vrou glo gesê dat die kind dood is. Sy het later toegegee dat sy die baba aan ’n vrou in die Johannesburg-omgewing verkoop het.”

Volgens Zenzile het lede van die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad die baba intussen aan die pa oorhandig.

Aanklagte van mensehandel en ontvoering word ondersoek.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Aangekeer  |  Verkoop  |  Baba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.