Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vroulike toesighouer by skool verkrag glo leerling (13)

Drank is glo gebruik voordat ’n toesighouer vir nauurse studie van die Laerskool Brandwag in Bloemfontein na bewering ’n 13-jarige leerling verkrag het, het die landdroshof in Bloemfontein gehoor.

Landdros Ryan Ishmail het die 28-jarige vroulike toesighouer Donderdag op borgtog van R500 vrygelaat. Sy moet weer in Januarie in die hof verskyn.

Ismail het gelas dat sy nie die klaer of staatsgetuies mag kontak nie.

Johan de Vries het namens die staat aangevoer die leerling en ander leerlinge in graad sewe het verlede Vrydagmiddag ná skool saam met die vrou na ’n park gegaan. Daar is glo drank gebruik.

Na verneem word, is sy en die seun later na ’n woonstel waar hulle glo seks gehad het. Sy is van statutêre verkragting aangekla.

Die skool het die vrou intussen geskors, het De Vries gesê.

Die staat het nie haar aansoek om borgtog teengestaan nie.

Die goed versorgde vrou met lang rooi naels en geklee in ’n blou denimbroek, ’n swart bostuk, ’n jas en sandale het in voetboeie in die hof verskyn.

Tsepiso Malebanye van Blair-prokureurs het vir haar opgetree.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.