Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrystaat: Minder moorde, meer verkragtings

Die Vrystaatse polisie het vanjaar die laagste moordsyfer asook een van die laagste syfers vir poging tot moord vir die afgelope dekade.

Daar was 61 minder moorde in die provinsie – dit het van 1 000 afgeneem na 939, of ’n afname van 6,1%. Poging tot moord het van 844 na 736 afgeneem, ’n afname van 12% of 108 minder voorvalle.

Die vorige laagste moordsyfer was 942 in die 2013/14-boekjaar en die vorige laagste syfer vir poging tot moord was in 2017/18 met 617 voorvalle.

Al die ander kontakmisdade, naamlik aanranding, ernstige aanranding, roof en gewapende roof, het met tussen 2% en 5% gedaal.

Die misdaadkategorie wat die meeste in die afgelope jaar in die Vrystaat gestyg het, is transitorooftogte wat met 50% van agt voorvalle tot 12 gestyg het.

Die provinsie se syfer vir seksuele misdrywe het met 12,8% gestyg van 3 457 in die vorige jaar tot die huidige 3 746.

Verkragting het met 11% van 2 646 tot 2 936 gestyg en seksuele aanranding met 4,4% van 517 tot 540.

Die verkragtingsyfer is egter steeds laer as in 2012/13 toe 4 022 verkragtings aangemeld is.

Hoewel geweldsmisdade relatief min voorgekom het in die Vrystaat, is dit kommerwekkend dat die Parkweg-polisiekantoor onder die land se top-30 vir ontvoerings val. Parkweg het die afgelope boekjaar 46 ontvoerings aangemeld, ’n toename van 53% teenoor die vorige jaar se 30 ontvoerings. Parkweg is in die 16de posisie vir dié misdaad.

Die Bloemspruit-polisiekantoor se verkragtingsyfer het hom ook onder die top30-polisiekantore in die land geplaas. Met 181 verkragtings wat daar aangemeld is, is die stasie in die 11de plek en toon verkragtings in die gebied ’n toename van 15,3%. In die vorige boekjaar is hier 157 verkragtings aangemeld. 

Die verkragtingsyfer is egter steeds laer as in 2012/13 toe 4 022 verkragtings aangemeld is.

Vragmotorkapings, meestal in die Oos-Vrystaat, het van 39 tot 44 gestyg, ’n toename van 12,8%.

Meer oor:  Vrystaat  |  Statistiek  |  Verkragting  |  Moorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.