Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrystaatse boer te voet in nag ná plaasaanval

’n Bekende Vrystaatse sakevrou en boer, Mimie Jacobs, se plaashuis se deur is Saterdagnag deur drie mans oopgeskop waarna sy met messe aangeval is.

Mimie Jacobs met die toekenning wat sy ontvang het nadat sy in 2016 aangewys is as die Vrystaat se Vroueboer van die Jaar.Foto: Facebook

Die mans het volgens kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, geld, haar bankkaart en geheime kode geëis.

Die mans het Jacobs gedwing om ’n elektroniese betaling te maak en haar met verkragting gedreig.

Nadat die aanvallers vertrek het, het Jacobs haarself bevry, waarna sy ongeveer 5 km ver deur die veld gehardloop het om op ’n buurplaas hulp te soek.

Le Roye van der Merwe, veiligheidskoördineerder van Vrystaat Landbou (VL) in die gebied, sê twee jong vroue wat alleen tuis was het haar noodkrete gehoor en hulp ontbied maar nie die deur oopgemaak nie. Hulle het vir hul eie veiligheid gevrees omdat hulle nie geweet het of die vrou se hulpkrete ’n lokval is nie.

Boere van die omgewing het hulle na die plaas gehaas waar hulle op die plaaswerf op die beseerde Jacobs afgekom het. Van der Merwe sê talle polisie-eenhede het oomblikke later opgedaag en die samewerking tussen die boere en polisie was baie goed.

Jacobs is per ambulans hospitaal toe gebring. Die ambulansdienste en Afriforum se mediese reaksiespan het ook bystand verleen.Hy sê polisielede van Glen, Soutpan en Brandfort, asook Bloemfontein se blitspatrollie, die honde-eenheid en die forensiese eenheid was gou op die toneel. Paaie in die gebied is afgesper, maar teen Sondagmiddag is die aanvallers nog nie aangekeer nie.

Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se sentrum vir landelike veiligheid, sê Jacobs is die tweede prominente boer wat in ’n kort tyd aangeval is. Derek Mathews, ondervoorsitter van Graan SA, en sy gesin is op sy plaas in Noordwes aangeval.

Is leierboere nou teikens?

“Word leierboere nou die teiken vir sulke aanvalle?” vra Esterhuyse.

Hy sê daar is al op 11 Oktober ’n hersiene strategie vir landelike veiligheid bekend gestel, maar dit is nog nie deur die polisie in werking gestel nie.

“Dit is ’n goeie plan, maar dit help nie as die polisie dit nie implementeer nie – as hulle plaasaanvalle werklik wil beveg, moet hulle dit dringend doen.”

Jacobs is in 2016 deur die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling as die provinsie se wenner in die afdeling vir vroulike graan- en groenteboere aangewys.

Sy is ook voorsitter van die Vrystaatse kamer van koophandel en nywerheid (FSCCI).

Meer oor:  Boere  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.