Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrystaatse sakeman in sy huis doodgeskiet
Sarel ErxlebenFoto: Facebook

’n Sakeman van Sasolburg, Sarel Erxleben (62), is vroeg Maandagoggend in sy nuwe huis in Deneysville doodgeskiet.

Die voorval is bekend gemaak deur Andries Cilliers op Facebook wat geskryf het sy 12-jarige neef het by Erxleben gekuier. “Hulle het die oom (Erxleben) nege keer geskiet. Hy het dit nie gemaak nie en is so pas oorlede,” het Cilliers om 09:26 geskryf.

“My neef is vasgebind en gemartel. Dankie Here dat jy my neef se lewe bespaar het. Hoeveel nog? Ons moet bid, iets moet verander,” het Cilliers geskryf.

Hy het ook geskryf: “Erxleben is ’n sakeman van Sasolburg. Hy besit die besighede en gebou langs die Van Riebeeck-tehuis vir bejaardes.”

Na wat verneem word, was Erxleben ook die eienaar van die New Dawn-pandjieswinkel in Sasolburg.

Die bejaardes en ons as personeel van die tehuis is almal uiters geskok om te hoor dat hy vermoor is.
Gerda Lubbe

Hy was lid van ’n groot familie wat verskeie sakebelange in Sasolburg het, maar was nooit getroud nie en het nie kinders nie.

Gerda Lubbe, bestuurder van die Van Riebeeck-tehuis vir bejaardes, sê Erxleben was ’n vriendelike en baie aangename en minsame mens.

“Ons het ’n baie goeie werkverhouding met hom gehad aangesien hy ’n baie ruim hart vir ons bejaardes gehad het wat gereeld by hom gekoop het. Die bejaardes en ons as personeel van die tehuis is almal uiters geskok om te hoor dat hy vermoor is.”

Lubbe sê Erxleben het ook woonstelle bo-op sy kafee en pandjieswinkel gehad. Hy het lank in een van die woonstelle gebly.

“Hy het ook by ons store gehuur en sy huurgeld gereeld hier kom betaal.”

Russell Meiring, ER24-woordvoerder, het bevestig dat hul paramedici Erxleben in sy huis probeer red het.

Erxleben was ’n lidmaat van die NG Kerk Fontein in Sasolburg waar hy vir ’n lang ruk koster was.

Ds. Hans van Deventer, afgetrede predikant van die gemeente, sê hy onthou Erxleben “ as ’n toegewyde Christen en as koster getrou in sy werk”.

“Hy het vir baie jare sy bejaarde ma, wat die oudste lidmaat in ons kerk was, versorg. Sy was ’n invalide wat in ’n rolstoel gesit het. Sy is sowat twee jaar gelede oorlede.”

Russell Meiring, ER24-woordvoerder, het bevestig dat hul paramedici Erxleben in sy huis probeer red het.

“Toe hulle daar aankom, is hulle na die slaapkamer waar hy in ’n kritieke toestand was.

“Hy is na ’n nabygeleë hospitaal gebring waar hy oorlede is.”

Meer oor:  Sasolburg  |  Deneysville  |  Ondersoek  |  Moord  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.