Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrystater in hof oor kratte vol onwettige ammunisie
Die kiste vol ammunisie en sakke plofstof wat deur die Valke in die Vrystaat gekonfiskeer is.Foto: Verskaf

’n 53-jarige man van die Vrystaat verskyn weer Maandag in die landdroshof in Bloemfontein nadat kratte vol ammunisie en plofstof, wat glo aan hom behoort, Donderdag gevind is.

Josef Markus Fourie (53) het Vrydag borgtog van R5 000 gekry in dieselfde hof ??nadat hy Donderdag in hegtenis geneem is.

“Hy is aangekla van die onwettige besit van plofstof en ammunisie,” het Lynda Steyn, ’n ondersoekbeampte van die Valke, in ’n verklaring gesê.

Die Valke en die Noord-Kaapse misdaadintelligensie is daarop gewys dat Fourie glo die onwettige ammunisie en plofstof by sy perseel in Spitskop naby Bloemfontein gestoor het.

Daar is beslag gelê op verskeie kratte met ammunisie en ’n houer met nege verskillende plofstowwe.

Die Valke het hom in hegtenis geneem tydens ’n optrede van hul ondersoekeenheid vir ernstige georganiseerde misdaad.

Steyn het gesê die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

Fourie is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Ammunisie  |  Plofstof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.