Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrystaters glo met goue munte ingeloop
Illustrasiefoto: Chris Ratc

Twee mans is diep in die sop nadat hulle twee oud-Bloemfonteiners en ’n inwoner van Wepener na bewering met beleggings in goue munte ingeloop het.

Nadat hulle boonop nie Vrydag vir hul verhoor in die Bloemfonteinse streekhof opgedaag het nie, is Jacob Jacobus Jansen van Kaapstad en Wilhelmus Franciscus Gerhardus Germishuys van Vryheid nog dieper in die moeilikheid.

Streeklanddros Collin Nekosie het lasbriewe vir hul inhegtenisneming uitgereik wat dadelik van krag is.

Sodra hulle in hegtenis geneem is, sal hulle weer in die streekhof verskyn om ’n datum vir hul verhoor te bepaal.

Luidens ’n voorlopige klagstaat was Germishuys blykbaar die middelman wat die mense oortuig het om in munte by Moss Goud en SDG Gold te belê.

Jansen sou glo die munte aan hulle verskaf.

Luidens die klagstaat is Hercules Ferreira van Beaufort-Wes (vroeër van Bloemfontein) in 2011 en 2012 só uit meer as R750 000 bedrieg.

Die staat sê dié geld is nooit gebruik om munte te koop nie en hy het nie die munte gekry nie.

Die staat beweer Ernest Slabber van Ladismith (ook vroeër van Bloemfontein) is op dieselfde wyse in 2013 in drie transaksies uit R128 000 bedrieg.

Luidens die klagstaat is Abdallah Schouman van Wepener ook só met R325 000 ingeloop.

Adv. Johan Swanepoel kla aan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.