SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
VS-bende-eenheid slaan reeds slag

Net sowat ’n week nadat die Vrystaatse teenbende-eenheid amptelik bekend gestel is, het twee lede van die eenheid reeds ’n impak gemaak deur drie vermeende bendelede in Welkom aan te keer.

Sers. Thabang Thesele en konst. Patrick Mpempe was van diens af toe hulle vroeg Maandagoggend drie lede van die Portugal-bende aangekeer het vir ’n saak van moord.

Die beamptes het ook drie ander mans aangekeer vir die onwettige besit van vuurwapens, ammunisie en polisietoerusting.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê Thesele en Mpempe het Maandag omstreeks 04:00 inligting opgevolg nadat Ishmael Ramakhele (23) die vorige dag omstreeks 15:30 vermoor is.

Ramakhele was Sondag glo dronk toe hy in dieselfde straat as die vermeende bendelede (tussen die ouderdom van 19 en 23) geloop het.

’n Onderonsie het tussen die mans ontstaan oor wie waar en wie eerste moet loop, waarna Ramakhele doodgesteek is.

Die polisie sal nog ’n ondersoek doen oor waar die mans aan die polisietoerusting gekom het.

Makhele sê nadat die beamptes die moordverdagtes aangekeer het, het twee jong mans beweer dat hulle met ’n vuurwapen gedreig is.

Die mans het hulle na die huis geneem waar die voorval plaasgevind het en ’n 36-jarige man is aangekeer vir die rig van ’n vuurwapen.

Verdere ondersoek het die beamptes na twee ander mans gelei waar hulle beslag gelê het op ’n onwettige vuurwapen en ammunisie, ’n polisie-glimbaadjie, pepersproei van die polisie, twee pare boeie, sowel as dwelms.

Dié mans van 34 en 39 jaar sal ook binnekort in die hof verskyn.

Die polisie sal nog ’n ondersoek doen oor waar die mans aan die polisietoerusting gekom het.

* Die bende-eenheid is op Maandag 11 November op die Vrystaatse polisie se bekendstelling van sy provinsiale Veiliger Feestyd-operasie in Zamdela, Sasolburg, amptelik aan inwoners voorgestel.

Die polisie het toe ook ’n nuwe motorfietseenheid bekend gestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.