Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
VS-nutsman summier by polisiekantoor beboet toe hy wou help
Ignatius Hurter is beboet toe hy by die polisiekan­toor wou toe­stem­ming kry om iemand met ’n verstopte drein te help.
Die brief wat winkels in die Metsimaholo-munisipaliteit opdrag gee om net sekere ure per dag oop te wees.Foto: verskaf

’n Nutsman van Brandfort wat toestemming by die polisiekantoor gaan vra het om iemand in nood te help is daar summier met R5 000 beboet.

Ignatius Hurter sê hy weier om die boete te betaal en sal eerder sy kant in die hof stel.

Hurter is Saterdagoggend beboet toe hy by die plaaslike polisiekantoor toestemming wou kry om iemand met ’n verstopte drein te help.

“Toe ek by die aanklagkantoor instap, het hulle geweier om te luister waarom ek hier is en net summier gesê ek mag nie uit my huis wees nie.”

Hurter gaan nie die boete betaal nie en gaan eerder hof toe. In Vanderkloof in die Noord-Kaap was inwoners ontsteld omdat die Renosterberg-munisipaliteit se gesondheidsdepartement die dorp se supermarkte gesluit het omdat dié glo nie gesondheidsertifikate gehad het nie.

Zettie le Roux, eienaar van Kloof Supermark, het meer as ’n jaar gelede aansoek om ’n sertifikaat gedoen.

“Ons het ’n paar keer Petrusville toe gery om dit af te haal, maar hulle het gesê iemand sal ons bel wanneer dit uitgereik is,” sê sy.

Die supermark en nog winkels wat kruideniersware verkoop, is Vrydagmiddag gesluit nadat munisipale inspekteurs beveel het die supermarkte moet sluit omdat hul gesondheidsertifikate ongeldig is.

Le Roux sê die munisipale gesondheidsinspekteur was behulpsaam om ’n tydelike permit uit te reik waarvoor hulle R950 moes betaal. “Sy was bereid om ons op ’n Saterdagoggend in haar eie tyd te help sodat ons weer kan sake doen. Dit is net vir my ’n vreemde tyd en ongeleë om gedurende die grendeltyd dit te gedoen het.”

Meer oor:  Boete  |  Nutsman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.