Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
VSA reik waarskuwing oor SA uit

Amerika het sy burgers gewaarsku om twee keer dink voor hulle hierheen reis.

Die VSA se departement van buitelandse sake het Woensdag, nadat die polisie misdaadstatistieke vir die land bekend gemaak het, ’n reiswaarskuwing aan sy burgers uitgereik.

Genl.maj. Norman Sekhukhune, hoof van die polisie se eenheid vir misdaadnavorsing en statistieke, het Dinsdag Suid-Afrika se misdaadsyfers vir 2017’-18 aan die parlementêre komitee oor die polisie voorgelê.

Daarvolgens het die land se moordsyfer met 6,9% gestyg. Dit beteken 1 320 meer mense is in Suid-Afrika vermoor teenoor dieselfde tyd die vorige jaar.

Luidens Amerika se reiswaarskuwing moet burgers wat hierheen kom, bewus wees van misdaad, burgerlike onrus en die droogte.

“Geweldsmisdaad soos gewapende rooftogte, verkragting, kapings en breek-en-gryp-aanvalle op motoriste kom algemeen voor. Daar is ’n groter risiko van geweldsmisdaad in die sentrale sakegebiede van die groot stede ná donker.

“Betogings, optogte en stakings gebeur gereeld en sonder enige waarskuwing. Dit ontwrig dikwels die verkeer, vervoer en ander dienste. Dit het ook die potensiaal om gewelddadig te raak,” lui die reiswaarskuwing. Amerikaanse reisigers is ook oor die droogte in die Wes-Kaap, die Oos-Kaap en die Noord-Kaap ingelig en hulle word raad gegee oor die waterbeperkings in Kaapstad.

Amerika is nie die enigste land wat sy burgers gewaarsku het oor die gevare in Suid-Afrika nie.

Kanada se reiswaarskuwing, wat op 30 Augustus bygewerk is, lui: “Suid-Afrika het ’n baie hoë misdaadsyfer. Misdaad is reisigers se primêre veiligheidsbedreiging.  Geweldsmisdaad, insluitende verkragting en moord, gebeur gereeld en het al met buitelanders gebeur.

“Kapings, gewapende aanvalle en diefstal vind gereeld plaas in gewilde toeristegebiede. Motorkapings, roof en aanrandings kom ook voor.”

Meer oor:  Misdaadstatistieke  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.