Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vulstasie by Bloem beroof van geld, sigarette

Die polisie in Bloemfontein ondersoek ’n klag van sakeroof nadat drie gewapende mans ’n vulstasie van kontant en sigarette beroof het.

Die voorval het Sondagoggend kort ná middernag by die Engen-vulstasie op die N8, Bloemfontein, gebeur.

Konst. Wendy Nkabi, polisiewoordvoerder, sê daar was drie vermeende rowers.

Die aanvaller het gesê hy moet die kasregister oopmaak terwyl sy makker sigarette van die rakke begin afhaal het.

Volgens inligting was ’n kassier besig met ’n klant toe twee gewapende mans by die winkel ingehardloop kom. Hulle het reguit op hom afgestorm. Een van die mans het die kassier met ’n vuurwapen teen sy rug gedreig.

Die aanvaller het gesê hy moet die kasregister oopmaak terwyl sy makker sigarette van die rakke begin afhaal het.

Nog ’n gewapende man het later by die winkel ingekom en naby die betaalpunt gestaan. Hy het die geld en sigarette gevat voordat hulle in ’n wit Toyota Corolla gevlug het.

Geen skote is geskiet nie en niemand is beseer nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Sigarette  |  Kontant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.