Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vuurwapen dalk verbind met sokkerspeler se moord

Bheki Cele, minister van polisie, wou Woensdag nie verder kommentaar lewer oor die vordering wat gemaak word in die moordsaak van die sokkerspeler Senzo Meyiwa nie nadat dit aan die lig gekom het dat ’n vuurwapen wat moontlik verband hou met die voorval, gevind is.

“Die vuurwapen moenie die nuus wees nie, dit moet lei tot die oplos en afhandeling van die saak,” het hy aan joernaliste in Durban gesê.

Cele was saam met Sihle Zikalala, die KwaZulu-Natalse premier, in Durban om aankondigings oor misdaadbestryding in die provinsie te doen.

Cele was vaag toe joernaliste hom oor die Meyiwa-aangeleentheid uitvra, maar het belowe om op ’n latere stadium ’n aankondiging te maak oor of die vuurwapen met iemand verbind kan word.

Volgens ’n senior polisiebeampte is die vuurwapen en die identiteit van die man deurslaggewende getuienis wat na verwagting die raaisel van Meyiwa se moord sal oplos.

News24 het vandeesweek onthul dat die polisie ’n deurbraak gemaak het nadat ’n vuurwapen gevind is wat moontlik met die moord op die voormalige doelwagter van Orlando Pirates en Bafana Bafana verbind kan word. Daar is verder berig dat die man wat die skote afgevuur het glo aan die polisie bekend is.

Meyiwa is in Oktober 2014 by die huis van sy vriendin Kelly Khumalo in Vosloorus aan die Oos-Rand by ’n partytjie doodgeskiet.

Volgens ’n senior polisiebeampte met kennis van die ondersoek is die vuurwapen en die identiteit van die man deurslaggewende getuienis wat na verwagting die raaisel van Meyiwa se moord sal oplos.

News24 het vroeër berig dat verslae wat in Julie voorberei is om senior polisiebeamptes oor die vordering in die ondersoek in te lig, daarop wys dat die moordwapen toegesluit in ’n kluis by die polisiekantoor in Cleveland gevind is.

Die man wat Meyiwa na bewering vermoor het, is tans in die Johannesburgse gevangenis waar hy 30 jaar tronkstraf vir die moord op Reggie Mohlala, ’n taxibaas, uitdien. Die polisiedossier toon dat dieselfde vuurwapen wat gebruik is om Meyiwa dood te skiet in die moord op Mohlala in Januarie 2015 gebruik is.

Bron: News24

Meer oor:  Senzo Meyiwa  |  Bheki Cele  |  Moord  |  Vuurwapen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.