Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vuurwapen versteek in potjiekos
Die vuurwapen is gevind nadat die kos uit die pot gegooi is. Foto: SAPD/Twitter

Om goeie insig te hê oor hoe misdadigers dink en werk, is altyd voordelig in die poging om misdaad te bekamp.

Veral vir die eenheid teen bendegeweld van die polisie in Port Elizabeth nadat hulle ’n vuurwapen in potjiekos gevind het.

Donderdag het lede van die Oos-Kaapse eenheid inligting ontvang van ’n huis in Helenvale (net buite Port Elizabeth) waar daar glo vuurwapens en dwelms gehou word.

Kol. Priscilla Naidu, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring lede van dié eenheid het ’n lasbrief bekom om ’n huis in Reyneckestraat in Helenvale te deursoek.

Die polisie het omstreeks 22:55 die huis deursoek.

“Na ’n deeglike soektog is ’n 9 mm-pistool in ’n potjie gevul met potjiekos gevind,” sê sy.

Niemand is in hegtenis geneem nie.

Die vuurwapen is vir ballistiese ondersoek gestuur. Die reeksnommer was verwyder.

’n Pistool is in Helenvale in die potjiekos gevind. Foto: SAPD/Twitter

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Misdaad  |  Vuurwapen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.