Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vuurwapens: ‘Hou polisie met valkoë dop’

Vuurwapeneienaars moet besef uit die 19 000 vuurwapens wat gedurende die amnestietydperk ingehandig is, is net 19 aansoeke vir lisensies tot dusver goedgekeur.

So sê Paul Oxley, voorsitter van die vuurwapeneienaarsvereniging van Suid-Afrika (Gosa).

Die vuurwapenamnestie het Sondag verstryk en Bheki Cele, minister van polisie, doen nou aansoek om ’n nuwe amnestietydperk.

Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder van AfriForum, sê baie mense het gedink hulle kan gedurende die amnestietydperk net weer om ’n lisensie aansoek doen en het nie besef dat vuurwapens ingehandig moet word nie.

“ ’n Mens sal moet sien of die polisie die aansoeke wat gedurende die pas afgelope amnestietydperk ingedien is, objektief gaan hanteer.”

Foto Ter Illustrasie Foto: Deon Ferreira

Hy sê die inperkingstyd het sake vir mense bemoeilik wat om amnestie wou aansoek doen.

“Veral gedurende vlak 5 was daar nie eens polisielede by die kantore waar aansoeke ingedien word nie.”

Die polisie beplan om op 25 Junie vuurwapens wat verbeurd verklaar is te vernietig.

Kamfer sê mense wat hul wapens ingehandig en weer om lisensies aansoek gedoen het, moet gaan kyk of hul wapens op die lys is.

“ ’n Mens het net 20 dae tyd om te reageer en beswaar aan te teken. Mense moet dit met valkoë dophou,” sê hy.

Oxley sê die aansoeke gedurende die amnestietydperk word as nuwe aansoeke beskou en nie as hernuwings nie. Hy sê Gosa is nie ten gunste van die amnestie nie omdat die polisie eintlik net die bestaande wet moet gehoorsaam.

“Die polisie se stelsel is onwerkbaar en hy raak elke keer agter met die uitreiking van heraansoeke, maar dan is dit die eienaars se probleem."

Die polisie se stelsel is onwerkbaar en hy raak elke keer agter met die uitreiking van heraansoeke, maar dan is dit die eienaars se probleem.

Oxley sê daar was in 2018 al ’n agterstand van 460 000 hernuwingsaansoeke.

Die hof het reeds in 2009 ’n bevel uitgereik dat alle vuurwapenlisensies geldig is en die polisie het tot vandag toe dit nie betwis nie, sê hy.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus, sê Cele en sy departement het verwarring veroorsaak deur te sê die amnestietydperk gaan verleng word. Dit is nie wetlik moontlik nie en ’n nuwe aansoek is nou ingedien. Na verwagting sal die volgende amnestie van 1 Augustus tot 31 Januarie 2021 wees.

Hy sê die onbevoegdheid van amptenare veroorsaak verwarring en baie vuurwapenbeamptes is nie behoorlik opgelei nie en weet nie wat die wetlike bepalings is nie.

“Die werklikheid is dat die doel van ’n amnestietydperk is om onwettige vuurwapens van misdadigers uit die samelewing te onttrek en dit is tot dusver ’n mislukking omdat nie een enkele misdadiger nog gedurende die amnestietydperke ’n wapen ingehandig het nie.”

Meer oor:  Paul Oxley  |  Amnestie  |  Vuurwapens  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.