Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vuurwapensaak weer vir voorverhoor uitgestel

Irshaad Laher en Alan Raves het in November 2016 hul eerste verskyning in ’n voorverhoor in die hooggeregshof in Kaapstad gemaak.

Vrydag is dié vuurwapenhandelsaak waarin Laher, ’n Kaapse sakeman, en Raves, ’n vuurwapenhandelaar van Gauteng, betrokke is vir nog ’n voorverhoor uitgestel.

Die twee staan tereg op aanklagte van diefstal, korrupsie, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en rampokkery.

Laher is volgens die staat die vermeende middelman wat vuurwapens, wat uit polisiebesit gesteel is, by Christiaan Prinsloo, ’n oudkolonel in die polisie, gekoop het. Hy (Laher) het die vuurwapens dan glo aan bendes op die Kaapse Vlakte verkoop.

Prinsloo het oor sowat tien jaar meer as 2 000 vuurwapens uit polisiebesit gesteel. Hy was in beheer van die afdeling waar die vuurwapens gehou is wat vernietig moes word. Hy is in 2016, ná ’n pleitooreenkoms met die staat, tronkstraf van 18 jaar opgelê.

Raves het glo in 2007 met Prinsloo begin saamwerk.

Irshaad Laher en Alan Raves tydens een van hul hofverskynings in die landdroshof in Bellville in Julie 2016.Foto: Maygene de Wee

Die hof het gehoor dat die staat al die nodige dokumente wat Laher se regspan versoek het aan hulle oorhandig het.

Hulle het egter Donderdag besef dat daar nog dokumente is wat hulle benodig om met die saak te kan voortgaan. Sy regspan het die dokumente dan nou ook by die staat aangevra.

Raves se regsverteenwoordiger het aan die hof gesê hulle het aansoek gedoen dat die saak teen hul kliënt teruggetrek word, of dat sy verhoor van dié van Laher geskei word.

Hulle wag nog op uitspraak in die aansoek.

Regter Derek Wille het in Oktober 2018 in ’n voorverhoor van Laher en Raves gelas dat die staat en die verdediging op ’n verhoordatum moet ooreenkom.

Bykans meer as ’n jaar en vier maande later, blyk dit dat die saak steeds in ’n doodloopstraat is.

Die saak is tot 21 Augustus vir nog ’n voorverhoor uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.