Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vyf in hegtenis vir moord op Pretoria-polisieman

Vyf verdagtes is oor die naweek aangekeer vir die moord van ’n polisieman twee jaar gelede.

Volgens brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder vir die Valke, is die verdagtes in ’n spesiale operasie aangekeer in Mogogelo, Winterveldt en Shoshanguve.

Volgens Mulaudzi word vermoed dat die verdagtes betrokke was op die moord van sers. Thomas Mashimbye (42) in sy huis in Winterveldt in die noorde van Pretoria.

Mashimbye, sy vrou en twee kinders was saam tuis toe drie gewapende mans hom aangeval het. Hy is verskeie kere geskiet en is op die toneel dood. Sy vrou en kinders is ongedeerd gelaat.

Die aanvallers het met ’n paar huishoudelike items en kontant op die vlug geslaan.

Al vyf verdagtes, tussen die ouderdomme van 28 en 41, sal Maandag in die landdroshof in Garankuwa verskyn op aanklagte van moord en sameswering om moord te pleeg.

Meer oor:  Thomas Mashimbye  |  Pretoria  |  Aangekeer  |  Moord  |  Polisieman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.