Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vyf vas ná dubbele moord in aftreeoord

Die Oos-Kaapse polisie het vyf mense aangekeer in verband met die dubbele moorde in ’n aftreeoord in Stella Londtweg, Port Elizabeth.

Twee vroue is Donderdagoggend hier in hul kamers vasgebind en vermoedelik verwurg.

Die verdagtes, vier mans en ’n vrou wat as ’n versorger in die aftreeoord gewerk het, is Vrydagoggend vroeg in die Port Elizabeth-omgewing aangekeer.

Kol. Priscilla Naidu, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, sê volgens inligting het ’n onbekende aantal verdagtes Donderdag toegang tot die aftreeoord gekry deur ’n oop deur en ’n traliedeur op die boonste vlak van die hoofgebou van die kompleks.

“Hulle het die kamer van die 91-jarige Agnes Elaine Burns binnegegaan, waar hulle haar vermoor en beroof het. Sy is op die bed aangetref, met haar voete en hande vasgebind en haar mond toegestop. Die verdagtes het toe na

Rosemary Langton (87) se kamer beweeg waar hulle haar ook vasgebind en vermoor het.”

Naidu sê die personeel in die aftreeoord het Donderdag omstreeks 05:45 op die twee inwoners se lyke afgekom.

“Die polisie vermoed dat diefstal die motief was aangesien Krugerrande, juwele – onder meer goue ringe en ’n trouring met ’n edelsteen – en ’n selfoon gesteel is.

“Van die gesteelde items is by ’n verdagte in die Kuyga-omgewing gevind.

“Daar was geen sigbare wonde aan die bejaardes nie, maar die voorlopige ondersoek dui daarop dat hulle verwurg en versmoor is.

“Die 34-jarige vroulike verdagte is ’n versorger in die aftreeoord en was tydens die voorval aan diens,” sê Naidu.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het die taakspan geloof vir puik speurwerk.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Bejaardes  |  Aftreeoord  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.