Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vyf vas wat kitsbank glo wou opblaas
’n Vuurwapen waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD

Vyf mense is Saterdag deur die polisie in Noordwes in hegtenis geneem omdat hulle vermoedelik ’n kitsbank met plofstof wou opblaas.

Ammunisie is in die besit gekry van vyf mans wat vermoedelik ’n kitsbank wou opblaas. Foto: SAPD

Volgens kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, het die lede van die misdaadintelligensie-eenheid op Brits inligting uit die gemeenskap ontvang oor mense wat beplan het om ’n kitsbank op Marikana op te blaas. Die polisie het toe op vyf verdagtes by ’n vulstasie naby Mooinooi toegeslaan.

“Die mans is tussen 35 en 52 jaar oud. Daar is ook beslag gelê op drie vuurwapens, ammunisie, plofstof en gereedskap wat algemeen gebruik word om by huise in te breek,” het Funani gesê.

Die verdagtes is in aanhouding en sal na verwagting Maandag in die landdroshof op Brits verskyn op aanklagte van sameswering om ’n misdaad te pleeg en die besit van onwettige vuurwapens, ammunisie en plofstof.

“Die polisie het vasgestel dat die Ford Ranger-bakkie wat in die verdagtes se besit was in Desember 2018 in Bedfordview, Johannesburg, gekaap is,” het Funani gesê.

Meer oor:  Noordwes  |  Kitsbank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.