Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vyfde leerling sterf in een week in Gauteng
’n Leerling in Gauteng is Vrydag deur ’n leerling van ’n ander hoërskool doodgesteek. Foto: André Damons

Die departement van onderwys in Gauteng het die dood van ’n vyfde leerling vandeesweek bevestig nadat ’n hoërskoolleerling Vrydag buite sy skool doodgesteek is.

’n Gr. 12-leerling van Fochville Secondary het na bewering ’n gr. 8-leerling van Thutokitso Secondary aangeval, luidens ’n verklaring wat Saterdag uitgereik is.

Beraders van die departement sal Maandag albei skole besoek.

Dit is hartseer dat dit ons tot die vyfde dood in ’n week bring . . . onbegryplik eintlik. Die polisie ondersoek die omstandighede van die voorval.

“Dit is hartseer dat dit ons tot die vyfde dood in ’n week bring . . . onbegryplik eintlik. Die polisie ondersoek die omstandighede van die voorval.”

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Vrydag sy skok en kommer uitgespreek oor die aantal sterftes en besering in die provinsie se skole wat sedert die begin van die jaar aangemeld is.

“Die akademiese jaar van 2020 het op ’n slegte noot begin en ek doen ’n beroep op godsdiensleiers in ons gemeenskappe om saam om goddelike ingryping te bid,” het hy gesê.

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Skole  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.