Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vyfjarige se vermeende verkragter aangekeer

Die vermeende verkragter van ’n vyfjarige meisie van die Noord-Kaap is Saterdag aangekeer.

Die 20-jarige man word daarvan beskuldig dat hy die meisie oor ’n tydperk tussen 1 Februarie en 26 Maart in Mataleng, Barkly-Wes, verkrag het.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die voorval het na bewering meer as een keer gebeur.

Ramatseba sê die familie ken die man, wat ’n gemeenskapslid is.

“Ten tyde van die voorvalle het die slagoffer by haar ouma gebly, omdat haar ouers buite die Barkly-Wes-gebied werk.

“Die kind se ontbering is op 1 Julie ontdek en die polisie is in kennis gestel.”

Galeshewe se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (GKS) het die man in hegtenis geneem.

Volgens Ramatseba sal hy binnekort in die landdroshof verskyn, waar enige poging tot borgtog teengestaan sal word.

• In ’n afsonderlike saak sal drie verdagtes van 29, 30 en 60 jaar Maandag in Kimberley se landdroshof verskyn vir die verkragting van ’n sewejarige meisie.

Die verkragtings het na bewering tussen Januarie en 25 Junie op ’n plaas buite Kimberley gebeur.

Meer oor:  Verkagting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.