SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Misdaad
‘Waarom moet ek klag lê?’ – Thuli oor dreigement
Adv. Thuli Madonsela Foto: Mary-Ann Palmer

Die polisie weet al vir langer as ’n maand van die doodsdreigement wat teenoor haar gemaak is.

So het die openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, Dinsdagaand aan joernaliste by ’n bekendstelling van die Civics Academy by die Nelson Mandela-stigting in Johannesburg gesê.

“Ek verstaan nie hoekom ek ’n klag moet lê nie, want ons het die saak onmiddellik aangemeld nadat ek die SMS op 1 April ontvang het. Die boodskap is na die polisie gestuur. Verder as dit weet ek nie wat anders ek veronderstel is om te doen nie.”

Madonsela het volgens ’n berig in Sunday Times gesê ’n fluitjieblaser het haar gewaarsku oor ’n Kaapse bendebaas wat R740 000 aangebied is om haar te vermoor. Na wat berig word, moes dit lyk soos ’n motorongeluk.

Madonsela sê as ’n ondersoeker weet sy dat ’n bewering waar of onwaar kan wees en dat iemand reg of verkeerd kan hoor.

Sy is wel ontevrede omdat ’n beampte in die polisie se intelligensie-afdeling vir haar gesê het sy moenie bekommerd wees nie, want die informant is 95% van die tyd verkeerd en net 5% van die tyd reg.

“Wie is jy om te sê hierdie is nie die 5% nie?” het Madonsela gevra.

Sy sê sy het sedert die dreigement nie veel anders gedoen as om van haar bewegingspatrone te verander nie.

Sy wou nie kommentaar lewer oor of die polisie al enigsins opgetree het oor die beweerde dreigement nie.

Brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, het vroeër gesê lt.genl. Khomotso K.J. Phahlane, waarnemende polisiekommissaris, het besluit om self in te gryp na aanleiding van die berig in Sunday Times.

Hy het gesê nog geen amptelike klag is in verband met die dreigement ingedien nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.