Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wag aangerand tydens betoging oor lone

Drie mense is in hegtenis geneem nadat ’n veiligheidswag Woensdagoggend tydens ’n betoging in Morningside in Sandton, Johannesburg, in die bors gesteek is. Sy vuurwapen is ook by hom afgeneem.

Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg Metropolisie (JMPD), sê metropolisiebeamptes is na Benmore-weg in Morningside ontbied toe betogers vroegoggend die ingang na ’n bouperseel versper het. Hulle het oor ’n loondispuut betoog.

Konstruksiewerkers betoog Woensdag by ’n perseel in Benmore-weg, Sandton, oor ’n loondispuut. Foto: Melinda Stuurman

“ ’n Veiligheidswag is beseer en sy vuurwapen en selfoon is by hom afgeneem. Hy het in ’n JMPD-patrolliemotor gespring om van die betogers weg te kom. Hy is deur paramedici gestabiliseer en na ’n hospitaal geneem,” sê Minnaar.

Hy het later die oggend gesê die situasie “is onder beheer” en die verkeer vloei weer. Daar was beamptes van die metropolisie op die toneel en motoriste is aangeraai om versigtig te wees.

Riaan Erasmus, bedryfshoof van die veiligheidsmaatskappy Scorpion Risk Services, sê een van sy wagte is tydens die betoging in die bors gesteek en is in ’n stabiele toestand in die hospitaal.

“Die polisie het die vuurwapen teruggevind wat by hom afgeneem is.”

Volgens Erasmus het die voorval tussen 07:30 en 07:45 gebeur toe die veiligheidsmaatskappy na die bouperseel ontbied is.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die polisie het drie mans in Alexandra in verband met die voorval in hegtenis geneem.

“Die vuurwapen is by een van die mans gevind. Die ander twee mans is in hegtenis geneem omdat hulle die wag aangerand het,” sê Mavela.

Die drie is in aanhouding en sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Wynberg verskyn.

Konstruksiewerkers betoog by ’n bouperseel in Sandton. Drie mans is later in Alexandra in hegtenis geneem in verband met ’n aanval op ’n veiligheidswag. Foto: Melinda Stuurman
Betogers het vroegoggend die ingang na die konstruksieperseel in Morningside, Sandton, versper. Foto: Melinda Stuurman
Meer oor:  Wayne Minnaar  |  Sandton
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.