Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wag dood, 1 gewond in 2 aanvalle op geldwaens
Die toneel van ’n transitorooftog Maandag in Albertina Sisulu-weg in Kensington, Johannesburg.

Rowers het Maandag in twee afsonderlike voorvalle in Gauteng op transitovoertuie toegeslaan. ’n Wag is in een van die voorvalle doodgeskiet en nog een gewond.

Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, sê ’n aantal swaar gewapende mans het Maandag omstreeks 17:30 ’n transitovoertuig in Albertina Sisulu-weg in Kensington, Johannesburg, aangeval.

“Die voertuig het pas kontant by ’n vulstasie opgelaai toe die rowers in ’n silwerkleurige Mercedes-Benz-viertrekvoertuig op hul losbrand en dit tot stilstand gedwing het,” sê Mathe.

Die wagte is ontwapen en gedwing om op die grond te lê. “Die rowers het plofstof gebruik om die geldwa oop te blaas en het met ’n onbevestigde bedrag geld weggekom. Niemand is in die voorval beseer nie,” sê Mathe.

In nog ’n voorval op die R42-pad buite Delmas het rowers ook op ’n geldwa toegeslaan.

“Die transitovoertuig en ’n ander voertuig wat dit vergesel het, is omstreeks 18:00 deur die rowers aangeval. ’n Wag is doodgeskiet en nog een gewond toe die rowers met outomatiese vuurwapens op die voertuie geskiet het. Hulle het plofstof gebruik, maar kon nie daarin slaag om by die kontant uit te kom nie.

“ ’n Pa en sy seun in ’n ander voertuig is op dieselfde pad kort daarna van hul selfone, kontant en horlosies beroof voordat die rowers op die vlug geslaan het,” sê Mathe.

Meer oor:  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.