Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wag dood nadat inbrekers hom glo in skool aanrand

Twee vermeende inbrekers is in hegtenis geneem ure nadat ’n veiligheidswag in ’n inbraak by ’n skool in Manenberg op die Kaapse Vlakte aangerand is en later gesterf het.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die 59-jarige wag het Sondag aan sy beserings gesterf.

Hy is Saterdag oorval en aangerand toe hy afgekom het op mense wat by die skool ingebreek het.

Volgens Van Wyk is verskeie items soos ketels, potte, ’n skottelgoedwasser en ’n mikrogolfoond gesteel.

’n Klag van poging tot moord is ná die wag se dood na ’n klag van moord verander. ’n Klag van huisbraak word ook ondersoek.

Volgens Van Wyk is twee mans van onderskeidelik 45 en 59 jaar oud in hegtenis geneem nadat speurders inligting van die gemeenskap ontvang het.

Die 45-jarige man is vir die moord en die 59-jarige man vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

Unathi Booi, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD), het die voorval bevestig en gesê daar is by die skool se kombuis ingebreek.

’n Sekerheidswag wat die betrokke wag Sondagoggend moes aflos, het op hom afgekom.

“Die beseerde wag is in ’n hospitaal opgeneem, waar hy later gesterf het.”

Booi het die WKOD se simpatie met die wag se gesin en die skool se gemeenskap uitgespreek. “Dit is ’n tragiese gebeurtenis en ons dink in dié tyd aan die familie.”

Meer oor:  Veiligheidswag  |  Moord  |  Polisie  |  Aanranding  |  Misdaad  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.