Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wag dood, plaaseienaar gewond in aanval buite Mbombela

’n Veiligheidswag is Maandagoggend doodgeskiet toe hy op ’n noodoproep van ’n gewapende rooftog op ’n plaas in Brondal buite Mbombela in Mpumalanga gereageer het.

Die plaaseienaar is etlike kere geskiet toe gewapende rowers voor 06:00 op die plaas toegesak het.

Die wit Ford Ranger-bakkie is Maandag naby ’n plaas in Brondal buite Mbombela gekry nadat gewapende rowers te voet gevlug het.

Die plaas, waarop daar ook ’n lodge bedryf word, is 15 km buite Mbombela op pad na Sabie.

Minstens drie swaar gewapende mans het ná die voorval gevlug en ’n reuse-soektog deur die polisie met die hulp van private veiligheidsondernemings was Maandag aan die gang.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die veiligheidswag is etlike kere geskiet. Hy was reeds dood en het buite ’n gebou op die plaas gelê toe ER24 by die toneel opdaag.

Die man, wie se identiteit nie bekend is nie, het vir die J&M Fidelity ADT-veiligheidsmaatskappy gewerk.

Volgens Meiring het die eienaar van die plaas op die kombuisvloer van die huis gelê. Hy het verskeie skietwonde gehad en is in ’n bedenklike toestand per helikopter na ’n hospitaal in Mbombela gevlieg.

Nog ’n veiligheidswag en twee vroue wat in die huis was, het ligte beserings in die aanval opgedoen. Hulle is per ambulans na ’n hospitaal in Mbombela gebring.

Albert Gryvenstein van Bossies-gemeenskapsveiligheid sê ’n wit Ford Ranger-bakkie is naby die plaas gekry. Die bakkie is glo elders gesteel.

Hy sê ’n private helikopter is Maandag ingespan om na die gewapende aanvallers te soek.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, het bevestig die rowers word gesoek. Hy kon nie sê wat in die rooftog gesteel is nie.

Sake van moord, poging tot moord en gewapende roof word deur die polisie ondersoek.

Meer oor:  Mbombela  |  Plaas  |  Dood  |  Landbou  |  Wag  |  Plaasaanval  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.