Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wag gewond in transitorooftog

’n Veiligheidswag is in die been gewond nadat ’n onbekende aantal mans in twee voertuie Vrydagmiddag op ’n geldwa in De Deur in die suide van Johannesburg toegeslaan en met geldtrommels op die vlug geslaan het.

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, sê die groep mans het omstreeks 16:00 die transitovoertuig buite ’n ysterwarewinkel, waar geld opgelaai is, aangeval.

“Die veiligheidswag is in die linkerbeen gewond. Die rowers het daarna plofstof gebruik om die transitovoertuig oop te blaas om by die geld uit te kom. Een van hul voertuie is aan die brand gesteek voordat hulle met ’n Ford Ranger-bakkie met die geld op die vlug geslaan het. Die bakkie is later verlate gevind.

“Die veiligheidswag is na ’n hospitaal gebring vir mediese behandeling. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” sê Muridili.

Een van die transitorowers se voertuie staan in ligte laaie.
Die transitovoertuig ná die rooftog Vrydag in De Deur in die suide van Johannesburg.
Een van die transitorowers se voertuie is aan die brand gesteek voordat hulle met ’n Ford Ranger-bakkie op die vlug geslaan het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.