Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wag in huis doodgeskiet ná vorige aanslag op sy lewe

’n Veiligheidswag van Port Elizabeth was skaars ’n week uit die hospitaal nadat hy ’n aanslag op sy lewe oorleef het, voordat hy in sy huis in Zwide doodgeskiet is.

Bheki Mjanyelwa (39) is Dinsdag ten aanskoue van sy vrou in hul huis vermoor.

Volgens die polisie was Mjanyelwa se vrou besig met wasgoed toe ’n onbekende man hul huis ingekom en Mjanyelwa gedwing het om te kniel voordat hy hom een keer in die agterkop geskiet het. Die aanvaller het gevlug sonder om enigiets te steel.

Mjanyelwa is in September in sy bors raakgeskiet terwyl hy en ’n kollega voor die huis van ’n ander kollega van hulle in New Brighton stilgehou het om hom vir werk op te laai. Onbekende mans het op hul voertuig afgepyl en op hulle losgebrand. Sy kollega is ook raakgeskiet, maar hulle het albei daardie voorval oorleef.

Die Oos-Kaap se eenheid teen georganiseerde misdaad sal die moord van Dinsdag ondersoek en enigeen met inligting kan lt.kol. Willie Mayi, ondersoekbeampte, by 082 697 5914 bel.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Misdaad  |  Doodgeskiet  |  Veiligheidswag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.