Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wag op spoorlyn in kop geskiet, van vuurwapen beroof

Kaapstad. – ’n Veiligheidswag (33) is Maandagmiddag op die spoorlyn tussen Heideveld en Nyanga ten aanskoue van sy kollega in die kop geskiet en van sy vuurwapen beroof.

Volgens kapt. FC van Wyk het die voorval omstreeks 14:00 plaasgevind.

“Twee veiligheidswagte [’n man en ’n vrou] wat aangestel is om patrolliediens op die spoorlyn naby Thambo Village te doen, is deur twee gewapende mans genader.

“Die mans, wat in blou uniforms geklee was, het na bewering sonder enige waarskuwing een van die wagte [die man] in die kop geskiet en sy vuurwapen gevat. Daarna het hulle ook die vrou se vuurwapen gevat en te voet gevlug.”

Die veiligheidswag is na ’n nabygeleë hospitaal gebring. Sy kollega is vir skok behandel en ontvang berading, sê Van Wyk.

“Ons ondersoek ’n saak van poging tot moord en roof. Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.”

Mense met inligting kan die Manenberg-polisie by 021 699 9400 of Stop Misdaad by 086 001 0111 bel.

  • Die voorval volg twee weke nadat Piet Botha, ’n masjinis, op die Netreg-stasie doodgeskiet en beroof is.

Riana Scott, woordvoerder van Metrorail, het toe gesê gesprekke met die bestuur en vakbondleiers het daartoe gelei dat polisieteenwoordigheid in sekere gebiede uitgebrei word.

“Ons eie veiligheidswagte sal voorts meer sigbaar wees. In gebiede wat deur misdaad geteister word, sal ons drywers op die stasies begelei word,” het sy gesê.

Volgens Daphne Kayster van Metrorail is die veiligheidswag deur Metrorail gekontrakteer.

“Die polisie en Metrorail ondersoek die voorval.” Dit het op dieselfde spoorlyn gebeur waar Botha geskiet is. Volgens haar is dit twee stasies van die Netreg-stasie af.

Meer oor:  Moord  |  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.