Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wag, tegnikus by kitsbank beroof
’n Gewapende sekuriteitswag en ’n tegnikus is Donderdagoggend beroof terwyl hulle ’n Absa Cash Express-kitsbank by die Emaqadini-supermark in Motherwell, Port Elizabeth, herstel het.

’n Gewapende sekuriteitswag en ’n tegnikus is Donderdagoggend beroof terwyl hulle ’n Absa Cash Express-kitsbank langs die Emaqadini-supermark in Ntlobostraat in Motherwell, Port Elizabeth, herstel het.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê die sekuriteitswag het by die kluisdeur gestaan toe hy deur drie mans genader is.

“Die verdagtes was gewapen. Hulle het ’n vuurwapen op die wag gerig en hom saam met hulle in die kluis ingedwing.

“Die geld in die kitsbank en die wag se vuurwapen is geroof,” sê hy.

Die tegnikus en die wag is in die kluis en werknemers van die winkel langs die kitsbank is in die winkel toegesluit voordat die verdagtes in die tegnikus se wit Chevrolet-bakkie weggekom het.

Beetge sê dis nog nie bekend presies hoeveel geld uit die kitsbank gesteel is nie.

Die bakkie is kort ná die voorval verlate in Kwazakhele gevind.

’n Saak van gewapende roof word ondersoek.

Meer oor:  Kitsbank  |  Absa  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.