Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wag voor restaurant in Krugersdorp doodgeskiet
Die Boomhuisie-restaurant in Krugersdorp, waar ’n veiligheidswag Donderdag doodgeskiet is.Foto: Facebook

’n Sekuriteitswag is Donderdagoggend voor die bekende Boomhuisie-restaurant in Krugersdorp doodgeskiet.

Volgens die sekuriteitsmaatskappy wat die restaurant bewaak kan daar op hul kameras gesien word hoe die verdagte van 04:00 alleen voor die restaurant wag.

“Die veiligheidswag het soos elke oggend voor die Boomhuisie gestop om te kyk of alles reg is. Hy is summier geskiet en die verdagte het met sy motor weggery.”

Die wag is in die kop geskiet en het in die middel van die pad gelê.

Sers. Tshepiso Mashele, polisiewoordvoerder, sê die motor waarin die wag gery het, is Donderdagoggend danksy ’n opsporingstoestel in Magaliesburg gevind.

Die polisie wou Donderdagmiddag nog nie die slagoffer se naam bekend maak nie. Die motief vir die moord is onbekend en die polisie het enigiemand met inligting, gevra om die Krugersdorp-polisiekantoor te kontak.

Meer oor:  Moord  |  Krugersdorp  |  Sekuriteitswag  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.