Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wag wat geskiet is ‘betroubaar en blymoedig’

’n Blymoedig en betroubare gesig waarop vertrou kon word om die veiligheid van almal en hul eiendom te verseker.

Só is die veiligheidswag beskryf wat Saterdag deur rowers in ’n skietvoorval by die fotografiewinkel Orms in Kaapstad doodgeskiet is.

Die wag is op Facebook geïdentifiseer as Selwyn Jonas (55), ’n pa van vyf.

“Dit is met groot hartseer en skok dat ons verneem van die gebeure wat gister ontvou het,” skryf Brandon Golding, DA-raadslid in die middestad, op Facebook.

“Hy was ’n toegewyde beampte van die City Bowl Armed Response en ’n vriend en beskermer van ons gemeenskap.

In die jare dat hy die gemeenskap van die City Bowl bedien het, het hy ’n vriend van baie geword.”

Die misdaadtoneel. Foto: Western Cape Gangwatch

Jonas is Saterdag, net voor 12:00, geskiet toe hy gereageer het op ’n gewapende roof by Orms in Roeland Square in Kaapstad. Ondanks die beste pogings van mediese personeel op die toneel, het Jonas nie oorleef nie.

“Ons innige meegevoel aan sy vrou en vyf kinders wat nog besig is om sy ontydige en gewelddadige heengaan te verwerk. Hul man en pa het gister werk toe gegaan en nie teruggekeer nie.”

Golding dra sy innige meegevoel oor aan Jonas se kollegas, die lede van die polisie met wie hy nou saamgewerk het, en die gemeenskap van buurtwagte wie hy ondersteun het.

“Dit is te vroeg vir die gesin om begrafnisreëlings te oorweeg, maar daar word voorgestel dat ons ’n gedenkdiens in die stadskom vir hom hou,” sê Golding. Hy het gevra dat mense hom moet kontak wat daarmee wil help.

“Selwyn, my goeie vriend, ek is nog steeds geskok. Ek is nie seker of ek, of diegene rondom jou die gebeure en jou afwesigheid ten volle gaan kan verwerk nie. Dit is vir my ’n eer dat ek die laaste tyd en skof saam met jou kon deurgebring het. Ek salueer jou.”

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n saak van moord en besigheidsroof wat omstreeks 11:49 by die winkel gebeur het.

“Vier gewapende mans het die winkel binnegekom en die personeel gedwing om op die vloer te gaan lê. Hulle het ’n onbekende hoeveelheid toerusting gesteel.”

Daar word beweer dat personeel in die winkel die paniekknoppie gedruk het en dat Jonas na die toneel ontbied is.

“Die 55-jarige veiligheidsbeampte is geskiet en noodlottig gewond. Die verdagtes het met die vuurwapen van die veiligheidsbeampte van die toneel gevlug.”

Mense met inligting oor die voorval kan die polisie in Kaapstad kontak of die Stop-misdaadnommer 08600 10111 bel.

City Bowl Armed Response het Sondag geweier om te bevestig of Jonas daar gewerk het en gesê navrae sal Maandag hanteer word.

Meer oor:  Kaapstad  |  Veiligheidswag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.