Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wagte by skool vermoor

Die skoolhoof van die Ukusa High School in Hammersdale, KwaZulu-Natal, moes Donderdagoggend oor ’n hek klim om by die skool in te kom waar twee veiligheidswagte vermoor is.

Lt.kol Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, sê die skoolhoof, wie se naam nie bekend is nie, het in een van die klaskamers afgekom op die drie wagte wat die skool oppas.

Thulani sê twee van die mans was reeds dood en die derde een in ’n bedenklike toestand. Die wag wat die aanval oorleef het, is in ’n hospitaal opgeneem.

“Die rowers het hulle geslaan en met ’n mes gesteek,” sê Zwane.

Zwane sê die rowers wou klaarblyklik ’n instapkluis oopbreek, maar kon nie daarin slaag nie.

Dit is nie seker wat hulle gesteel het nie.

Kwazi Mthethwa, woordvoerder van die onderwysdepartement in KwaZulu-Natal, sê die skool het onlangs nuwe toerusting aangekoop en hulle meen die rowers het daarna gesoek.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Veiligheidswagte  |  Vermoor  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.