Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wagte hospitaal toe ná transito-rooftog op N3
Die wrak van die geldwa op die N3 naby die Londonweg-afrit nadat transitorowers Saterdagmiddag op die geldwa toegeslaan het. Foto: Twitter, Yusuf Abramjee

Veiligheidswagte is Saterdagmiddag na ’n hospitaal gehaas nadat transitorowers ’n geldwa op die N3 in Johannesburg met plofstof oopgeblaas het.

Die rowers het naby die Londonweg-afrit op die geldwa toegesak.

Die sekerheidsmaatskappy Fidelity het bevestig een van sy geldwaens is geteiken.

Volgens Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van die Fidelity Services Group, het die geldwa omgeslaan nadat dit van agter gestamp is. Die geldwa is toe oopgeblaas.

Hulle kon nie onmiddellik bevestig hoeveel wagte na ’n hospitaal gebring is of wat die aard van hul beserings is nie.

Benewens die geldwa wat omgeslaan het, lyk dit asof ’n motor ook in die proses aan die brand geraak het. In ’n video van die toneel, wat op sosiale media gedeel is, word ’n brandende motor naby die geldwa op die N3 gesien.

’n Gedeelte van die N3 is Saterdagmiddag tydelik gesluit.

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê sy het van die voorval gehoor, maar wag nog op nader besonderhede.

Meer oor:  London-Afrit  |  Geldwa  |  N3  |  Transitoroof  |  Alexandra
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.