Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wagte keer 2 vermeende kitsbank-rowers aan

Veiligheidswagte het Vrydagoggend ’n vermeende rower gewond en nog een aangekeer nadat hulle ’n vrou by ’n kitsbank in die Bloemfonteinse middestad beroof het.

Die rowers het probeer vlug nadat hulle die vrou van haar bankkaart beroof het, maar is deur die veiligheidswagte aangekeer.

Konst. Peter Kareli, polisiewoordvoerder, sê ’n vrou het omstreeks 06:30 by ’n kitsbank by Hoffmanplein probeer geld onttrek toe twee mans haar bankkaart geroof en weggeloop het.

Die veiligheidswagte, wat spesifiek ontplooi is om rooftogte by kitsbanke en in die middestad te bekamp, het die twee mans vinnig sien wegloop en het hulle gekonfronteer.

’n Struweling het ontstaan en een van die vermeende rowers het bo-op een veiligheidswag gesit, waarna die wag sy pistool uitgehaal en ’n skoot afgetrek het.

Die rowers het probeer vlug nadat hulle die vrou van haar bankkaart beroof het, maar is deur die veiligheidswagte aangekeer.

Die rower is in sy been getref.

Volgens Kareli het die ander wag die tweede vermeende rower aangekeer voor hy kon weghardloop.

Paramedici van ER24 het die gewonde man op die toneel behandel.

Kareli sê die man is onder polisiebewaking in die Pelonomi-hospitaal opgeneem terwyl sy makker in die selle by die Parkweg-polisiekantoor aangehou word.

Hulle sal na verwagting Maandag op ’n aanklag van roof in die landdroshof verskyn.

Die polisie het op die veiligheidswag se vuurwapen beslag gelê en ondersoek ’n klag van poging tot moord.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Kitsbank  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.