Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wanda veiligste polisiedistrik in Vrystaat

Hoewel een moord in die boekjaar 2017-’18 in die Wanda-polisiekantoor in die Luckhoff-distrik in die Wes-Vrystaat aangemeld is, is dié gebied steeds die veiligste in die provinsie.

Dit is die eerste moord wat sedert die 2012-’13-boekjaar in dié polisiekantoor aangemeld is. In daardie jaar is ook net een moord aangemeld.

Die misdaadstatistieke is Dinsdag deur die polisie in die parlement in Kaapstad bekend gemaak.

Geen ander geweldmisdade of selfs inbraak is in die Wanda-polisiekantoor aangemeld nie.

Die enigste ander misdaad wat toegeneem het, is diefstal (vier voorvalle).

Baie van dié misdade het ook gedurende 2012-’13 die laaste keer hier voorgekom. Die meeste misdade wat gedurende 2017-’18 aangemeld is, was dwelmverwant. Altesaam 15 sulke voorvalle, ses minder as die vorige jaar, is aangemeld.

Ook diefstal uit ’n motorvoertuig (geen voorval teenoor een die vorige jaar) en die bestuur onder die invloed van drank of dwelms (geen, teenoor drie voorvalle die vorige jaar) het afgeneem.

In die omgewing van die Roadside-polisiekantoor, tussen Cornelia en Warden in die Oos-Vrystaat, is in 2013-’14 laas moord gepleeg.

Gewone aanranding (drie voorvalle) het die meeste gedurende 2017-’18 gestyg terwyl een voorval van roof met verswarende omstandighede en een motorkaping aangemeld is. Saakbeskadiging (drie voorvalle), veediefstal (10) en ander diefstal (vier) het toegeneem.

Die laaste keer toe ’n moord in die Boetsap-polisiekantoor naby Pampierstad in die Noord-Kaap aangemeld is, was gedurende 2015-’16 toe slegs een moord gepleeg is.

Geen voorval van aanranding met die doel om ernstig te beseer is aangemeld nie, ’n afname van 100%, en net een voorval van gewone aanranding het voorgekom.

Die enigste ander misdaad wat toegeneem het, is diefstal (vier voorvalle).

In Noenieput, naby die Namibiese grens in die Noord-Kaap, het drie tipes misdaad toegeneem: aanranding met die doel om ernstig te beseer (twee voorvalle), gewone aanranding (twee) en saakbeskadiging (twee).

Geen voorvalle hiervan is die vorige jaar aangemeld nie.

In 2017-’18 is geen voorvalle van moord, verkragting, poging tot moord, seksuele aanranding, roof, huisroof en motorkaping hier aangemeld nie.

Meer oor:  Vrystaat  |  Misdaadstatistiek  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.