Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wanneer doen Sanparke iets oor aanvalle op Tafelberg?

Moet nog iemand doodgaan voordat ons optrede sien?

Table Mountain Watch, ’n groep wat hom vir veiligheid in die Tafelberg Nasionale Park beywer, vra dié vraag in ’n verklaring op sy Facebookblad, maar André van Schalkwyk, voorsitter van die groep, sê hulle het nog geen reaksie van Sanparke gekry nie.

“Besoekergetalle daal en mense is bekommerd oor veiligheid. En wanneer ons gaan kyk na dit wat Sanparke sê hulle doen, is daar niks te vinde nie. Ons wil net ’n oplossing vind.”

Drie drawwers is op 2 Mei naby die Soetwater-kruising aangeval toe hulle van Scarborough na Kommetjie onderweg was. Nog iemand is ook vroeër byna by die Bos 400-skeepswrak beroof.

Tafelberg Foto: Pixabay

Sanparke het in Februarie vanjaar aangekondig dat ’n gesamentlike bedryfsentrum van R2 miljard op die been gebring gaan word waar noodgevalle in die Tafelberg Nasionale Park aangemeld kan word.

Rey Thakuli, Sanparke se woordvoerder, sê by navraag die veiligheid van die park se besoekers en gebruikers is ’n topprioriteit vir Sanparke.

Sanparke werk nou saam met wetstoepassingvennote soos die polisie en die metropolisie om veiligheid in die park en die omringende stedelike gebied te verbeter.

Sanparke deel ook veiligheidsinligting met veiligheidsmaatskappye, buurtwaggroepe en gemeenskapspolisieforums. Sanparke neem ook deel aan gereelde veiligheidsinisiatiewe soos patrollies saam met belangegroepe.

Veiligheidsinligting wat van die kringtelevisiekameras van die sweefspoor verkry word, word ook met die onderskeie belangegroepe gedeel.

Thakuli sê die gesamentlike bedryfsentrum is ’n langtermynprojek en sal in fases bekend gestel word soos hulpbronne dit toelaat. Die eerste fase is reeds in bedryf, waarvandaan veldwagters ontplooi en voorvalle aangemeld word. Dié fase behels ’n algehele integrasie met die Kaapse metro se noodbeheersentrum.

Hy sê Sanparke is bewus van die voorval op 2 Mei. Sanparke het met die ondersoek gehelp wat tot die inhegtenisneming van een persoon gelei het.

Sanparke se inbelsentrum se nommer is 0861 106 417 en is 24 uur van die dag operasioneel.

Meer oor:  Sanparke  |  Tafelberg  |  Aanvalle  |  Besoekers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.