Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gewilde datums vir plaasaanvalle in Julie

Deur by ’n paar reëls te hou kán die slagting op plase, hoewes en selfs in woonbuurte voorkom word.

Lukas Swart, ’n kenner oor misdaad wat die veiligheidsmaatskappy Swartberg ISS bedryf, sê bendes het die afgelope tyd hul metodes verander en waar hulle voorheen op ’n spesifieke dag en tyd vir ’n aanval besluit het, hou hulle nou moontlik hul slagoffers ’n hele dag lank dop en slaan toe wanneer hulle die beste geleentheid sien. Hy sê bendes het verlede jaar minder sukses behaal en het nou hul optrede verander.

Swart sê hy kon danksy die inligting wat hy insamel, vasstel dat bendes in drie provinsies meestal op dieselfde dae besluit het om toe te slaan.

Gedurende die eerste week van Julie was 2, 3, 4, 5 en 6 Julie “warm datums". Op vier van dié vyf dae is daar elke dag ’n plaasmoord gepleeg.

Gedurende die eerste week van Julie was 2, 3, 4, 5 en 6 Julie “warm datums’. Op vier van dié vyf dae is daar elke dag ’n plaasmoord gepleeg.

Swart sê in die res van Julie wil misdadigers op 9, 10, 11, 14, 15, 16, 19, 20, 21, 24, en 26 Julie mense in huisrooftogte en plaasaanvalle aanval.

Hy sê hy het kliënte gehelp waar ’n bende beplan het om die afgelope drie maande vier huise aan te val. Deur ’n paar aanpassings te maak is nie een van dié huise uiteindelik aangeval nie, sê hy.

Die inwoners het hul gedrag verander en versigtiger opgetree.

“Van die mense se honde is in die aand geterg en selfs heinings is geknip, maar die mense het nie uit hul huise gegaan nie,” sê hy.

Die mense het ook die patroon verander waarop ligte in die huis afgeskakel word. Om die aanvallers se kaarte deurmekaar te krap is die twee ligte wat gewoonlik laaste afgeskakel word, voor ander ligte afgeskakel en soms is ’n lig deurnag aangeskakel gelos.

“Honde is ook beveilig sodat hulle nie saans vergiftig kan word nie.”

Hy sê die inwoners van die onderskeie huise het gereeld met mekaar gekommunikeer en selfs deur die dag is goeie kommunikasie met mekaar behou.

Wanneer jy so optree dat dit aanvallers onseker maak, gaan hulle padgee.

“Enige verdagte optrede deur die dag is aangemeld en elke keer het iemand gery om te gaan kyk,” sê hy.

"Jy kyk net wat aangaan, maar klim nie uit jou voertuig nie en sorg dat jy veilig is en rapporteer die verdagtes se bewegings openlik.”

Die misdadigers weet nie waarom inwoners vir hulle kyk en opsigtelik hul teenwoordigheid rapporteer nie en hulle weet ook nie aan wie dit gerapporteer word nie, sê hy.

Swart sê moet jy optree asof jy ’n misdaad verwag, maar jy moenie met jou werkers jou optrede bespreek nie. Werkers word dikwels geïntimideer of is selfs betrokke by die beplanning van aanvalle.

Swart sê wanneer jy so optree dat dit aanvallers onseker maak, gaan hulle padgee.

“Aanvallers is lafhartig en wil nie seerkry nie,” sê hy.

Die bendes se groottes het toegeneem en so ook die behoefte vir geld.

Sodra ons huisrowe en plaasaanvalle verhoed sal ons sien dat betogings en geweld wat ’n geleentheid skep vir plunderaars, elders uitbreek.

“Word dít onderdruk, sal transitorooftogte skerp styg,” sê hy.

Misdaad is hier om te bly en hoe swakker dit met die ekonomie gaan, hoe groter gaan die druk op oorlewing word.

Mense moet by hul gebiede se veiligheidstrukture betrokke raak en te alle tye inligting beskerm sodat misdadigers aan die wonder bly.

Meer oor:  Lukas Swart  |  Misdaad  |  Selfbeveiliging  |  Plaasaanvalle  |  Warm Datums
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.