Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wat maak dié 4 met 21 bottels in drankwinkel se dak?

Vier vermeende diewe se gevoel van geluksaligheid was van korte duur toe hulle op heterdaad betrap is terwyl hulle besig was om ’n drankwinkel te plunder.

Vier mans, tussen die ouderdomme van 25 en 34, is Woensdag in die vroeë oggendure met 21 bottels drank gevang terwyl hulle in die plafon van ’n drankwinkel in die Bloemfonteinse middestad weggekruip het.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, sê die eienaar van die drankwinkel in Douglasstraat het die inbrekers op sy kringtelevisiekamera gewaar en die polisie ontbied.

Die mans het deur die gebou se dak toegang tot die drankwinkel verkry.

Met die polisie se aankoms op die toneel het die mans in die plafon weggekruip.

Die rowers het gesteelde drank van sowat R5 000 en twee klein sakkies dagga by hulle gehad.

Volgens Marope word die mans ook met ander misdrywe verbind. Die mans het twee sake van aanranding en die besit van vermoedelik gesteelde goedere teen hulle probeer ontduik.

Hulle gaan binnekort in die landdroshof in Bloemfontein op aanklagte van sakeroof en die besit van dagga verskyn.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Rooftog  |  Diewe  |  Drank  |  Roof  |  Drankwinkel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.