Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Watter diefstal? sê LUR oor kaal, honger siekes

Pasiënte in ’n psigiatriese staatshospitaal in Bloemfontein is so desperaat vir klere dat van die mans selfs rok dra.

Die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks in Bloemfontein se Kosmos-sorg-en-rehabilitasiesentrum het vandeesweek onder skoot gekom weens ’n staking daar en bronne het aan Rapport vertel pasiënte bly in haglike omstandighede daar.

Só het drie werknemers van die Kosmos-sorg-en-rehabilitasiesentrum die afgelope week aan Rapport vertel. Die sentrum is ’n afdeling van die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks en die werkers wil anoniem bly omdat hulle bang is hulle kan hul werk verloor.

“Talle van die sowat 480 pasiënte in die afdeling dra dikwels net ’n doek en ’n hemp of soms net doeke. Hulle kry gereeld klere wat geskenk word, maar so vinnig soos dit inkom, verdwyn dit weer deur personeel wat dit steel.

“Die hospitaal kry ook skenkings vir linne en komberse, maar dit verdwyn net so vinnig. Die meeste pasiënte het net ’n laken oor hul bed en sommige se bed is kaal,” vertel een bron.

Die pasiënte kry ook nie genoeg kos nie en dikwels is die kos oud en vrot.

“Ek het haar 12 uur gegee om te reageer, maar steeds geen terugvoering gekry nie,”

“Daar sal byvoorbeeld 20 borde kos uitgeskep word vir 20 pasiënte en dan vat personeel sewe borde vir hulle en net 13 borde bly oor. Dan moet die 20 pasiënte dit deel. En die arme mense kan nie kla nie, want hulle het nie die verstandelike vermoë om te besef wat aangaan nie en personeel buit dit uit.

Sake het breekpunt bereik toe werkers onlangs gestaak het omdat hulle nie voldoende beskermende klere en toerusting kry nie, terwyl talle pasiënte en personeellede Covid-19 het.

Die Covid-19-gevalle het sedert Mei skerp toegeneem en die personeel het op 20 Julie besluit om te staak. In die meeste sale was daar net een of twee gesondheidswerkers aan diens; in sommige géén.

“Per skof is daar gewoonlik vier gesondheidswerkers per saal aan diens.

“Maar nou is pasiënte vuil, urine en ontlasting lê oral rond en daar was ook talle uitbrekings van diarree, wat nie gehelp het nie. Boonop was die doeke toegesluit en moes die kas op die ou end oopgebreek word. En 80% van die pasiënte het nie die vermoë om na hulself te kyk nie. Hulle kan nie self badkamer toe gaan, eet, bad of aantrek nie,” sê een van die bronne.

Mariëtte Pittaway van die DA in die Vrystaat het Maandag in ’n brief aan die LUR, Montseng Tsiu, dringende optrede geëis.

“Ek het haar 12 uur gegee om te reageer, maar steeds geen terugvoering gekry nie,” het Pittaway Saterdag aan Rapport gesê. Sy het Vrydag ’n klag by die Menseregtekommissie ingedien en die saak ook na die nasionale departement van gesondheid verwys.

“Verder was daar ook Vrydag iemand om die ergste chaos op te ruim en die mense te voer, maar dis belangrik dat ’n meer permanente oplossing vir al die probleme gekry word.”

Mondli Mvambi, die LUR se woordvoerder, het Saterdag gesê die staking het net ’n dag geduur. “Daar is aan personeel verduidelik pasiënte se versorging ly daaronder as hulle staak.”

Hy ontken die kos is van swak gehalte en sê kosdiefstal het al voorgekom, maar is hanteer. Hy ontken ook dat werkers met Covid-19 nie reg behandel word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.