Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Weduwee aangekla van beroepsjagter se moord

Die weduwee van ’n beroepsjagter van Modimolle (Nylstroom) in Limpopo wat verlede jaar in sy huis doodgeskiet is, is van sy moord aangekla.

’n Dagvaarding is Woensdag op Chrisna van der Merwe (40) beteken waar sy nou in Annlin in Pretoria woon.

Sy moet op 13 November in die landdroshof in Modimolle (Nylstroom) verskyn weens die moord op haar man, Botes van der Merwe (48). Hy is in Desember verlede jaar dood in die egpaar se luukse huis in die Koro Creek-gholflandgoed.

Chrisna is in die skietery gewond en was vir lank in ’n hospitaal in Pretoria.

Chrisna en Botes van der Merwe van Modimolle (Nylstroom) in Limpopo. Foto: Verskaf

Die lykskouing het bevind Botes is drie keer in die bors geskiet. Hy het doodgebloei in die huis.

Luidens die klagstaat word Chrisna ook aangekla van beweerde diefstal van R141 000 wat sy kort ná haar man se dood glo uit sy bankrekening na haar bankrekening oorgeplaas het.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.