Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Weduwee gemartel: ‘Jesus, ek’s moeg, vat hulle uit!’

Gerhard Kritzinger (64) was moedeloos en nege jaar werkloos voor hy Dinsdag deur rowers op ’n hoewe oos van Pretoria doodgeskiet is. Kort voor die aanval het Gerhard vir sy vrou, Rina (64), en niggie Ansu de Villiers (74) gesê hy het nie meer ’n doel op die aarde nie.

Ansu de Villiers (74) vertel van die gewapende rooftog op haar hoewe waarin haar neef Gerhard Kritzinger doodgeskiet is. Foto: Alet Pretorius

Kritzinger en sy vrou het by De Villiers gaan bly nadat haar man van 53 jaar op 21 Junie aan kanker gesterf het. Hulle het geen ander heenkome gehad nie.

De Villiers sê sy het Dinsdagaand 20:00 pas in die bed geklim toe sy vir Rina hoor skree.

“Ek het nog gewonder of Gerhard iets aan homself gedoen het omdat hy vroeër so moedeloos was. Toe ek my deur oopmaak, was daar ’n man in ’n klapmus.” Hy het ’n vuurwapen op haar gerig. De Villiers het hardop gebid en die Here gevra om haar met sy bloed te bedek.

Vier mans het Rina en De Villiers vasgebind terwyl hulle in Sotho onder mekaar gepraat het.

“Jy sal die kluissleutel gee,” het een vir De Villiers gesê. “Ek sal nie,” het sy geantwoord. Die man het die ketel in die kombuis gaan kook, teruggekom en kookwater oor haar uitgegooi. Haar regterknie en linkervoet is verbrand.

Een aanvaller het haar van agter met ’n skerp voorwerp, vermoedelik met die vuurwapen, teen die slaap geslaan. “Hy het aan my linkerkant gestaan. Ek het net gevoel hoe kap hy iets in my kop in.”

Die rowers het die vroue met elektriese koorde vasgebind.

Nadat hulle die huis geplunder het, het De Villiers weer na God geroep: “Jesus, in U naam, ek is nou moeg. Vat hulle uit, vat hulle uit!” Die volgende oomblik is die rowers daar weg.

Die vroue kon daarin slaag om De Villiers se voete los te kry. Dit was toe eers dat De Villiers besef het Gerhard is trompop doodgeskiet. Hy is in die regterarm getref en die koeël is deur een van sy longe.

Nadat hy geskiet is, het Rina haar man hardop hoor bid: “Vergewe my.” Toe sterf hy.

De Villiers sê Rina het vrede in haar hart nadat sy Gerhard se gebed gehoor het. Rina was Donderdag steeds in die hospitaal. De Villiers is Woensdag ontslaan. Sy het by haar dogter se huis, waar sy nou tydelik woon, vertel van die aanval.

Die mans het glo toegang tot die hoewe verkry deur ’n sloot onderdeur die geëlektrifiseerde heining te grawe.

De Villiers is nie kwaad ná die voorval nie. Trouens, sy is vol hoop vir Suid-Afrika.

Sy sê Suid-Afrika moet terugkeer na die Here toe, “want dis al weg wat daar is”.

Meer oor:  Gerhard Kritzinger  |  Ansu De Villiers  |  Rina Kritzinger  |  Roof  |  Moord  |  Marteling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.