Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Weermag bly nou 6 maande langer op Kaapse Vlakte

Die president het Maandag die weermag se ontplooiing in woonbuurte op die Kaapse Vlakte wat onder bendegeweld gebuk gaan met ses maande tot 31 Maart 2020 verleng.

Die weermag se ontplooiing sou Maandag tot ’n einde kom nadat hulle op 15 Julie daar stelling ingeneem het.

Die weermag se ontplooiing op die Kaapse Vlakte is vanaf Maandag met ses maande tot einde Maart 2020 verleng. Foto: Jaco Marais

In ’n verklaring wat die presidensie namens pres. Cyril Ramaphosa uitgereik het, sê hy dat hy soos die Grondwet vereis reeds vir Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, en vir Amos Masondo, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, van die verlenging van die weermag se teenwoordigheid in kennis gestel het.

Luidens ’n weermagnuusbrief sou dit hulle ’n bietjie meer as R23 miljoen kos om die weermag vir drie maande op die Kaapse Vlakte te ontplooi.

Siphiwe Dlamini, kommunikasiehoof van die weermag, het bevestig dat die weermag se ontplooiing verleng is.

Intussen lyk dit egter asof die weermag se teenwoordigheid nie veel gedoen het om bendeverwante skietvoorvalle en geweld op die Kaapse Vlakte die hoof te bied nie.

Kaapse Vlakte, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Maandag gesê sedert die begin van die ontplooiing op 15 Julie tot ’n week gelede op 8 September, is 682 moorde oor die provinsie heen aangemeld. Dit is ’n gemiddeld van 12,4 moorde per dag vir die 55 dae.

Hy sê as dié syfers in ag geneem word, maak dit (die weermag se teenwoordigheid) nie eens ’n duik in die Wes-Kaap se enorme misdaadprobleem nie.

Fritz sê dit is nog onduidelik of die polisiebestuur wat Operasie Lockdown bestuur enige maatstawwe in plek het waarteen hulle die operasie se sukses meet.

“Ons het versoek dat spesifieke voorwaardes wat daarop gemik is om die weermag se hulpbronne beter te bestuur en hul doeltreffendheid te meet in plek gestel word, sou die ontplooiing verleng word.”

Fritz sê dat die polisie in die Wes-Kaap onderbeman is en dat die weermag se teenwoordigheid en hul hulpbronne meer mannekrag bied, maar dat dit slegs sal vrugte afwerp as dit reg aangewend word.

Ramaphosa sê in sy verklaring die weermag sal voortgaan om in samewerking met die polisie aan operasies deel te neem in ’n poging om misdaad te bekamp en om wet en orde in die Wes-Kaap te herstel.

Meer oor:  Albert Fritz  |  Kaapse Vlakte  |  Weermag  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.