Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Weermag langer in W-Kaap kos R64 m.

Die voortgesette ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in die Wes-Kaap gaan net meer as R64 miljoen kos.

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag, toe die oorspronklike tydperk van twee maande se beplande ontplooiing ten einde geloop het, aangekondig dat hy die weermag se teenwoordigheid tot 31 Maart 2020 verleng.

Ramaphosa is wetlik verplig om albei huise van die parlement in te lig indien hy die weermag ontplooi, hoe lank die ontplooiing sal wees, wat die kostes daaraan verbonde is en hoeveel personeel betrokke sal wees.

’n Polisievoertuig staan in die pad in Philippi, Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Die brief waarin hy die verlengde tydperk bekend maak, is Dinsdag by parlementêre aankondigings, notules en verslae ingesluit en versprei.

Ramaphosa kondig in die brief aan dat die weermag vanaf 16 September tot 31 Maart 2020 ontplooi sal wees.

Volgens die brief sal die 1 322 weermaglede wat reeds daar ontplooi is, hul werk in die gebied voorsit en die polisie help om misdaad te bekamp en om reg en orde in die Wes-Kaap te handhaaf.

Die verwagte koste van die verlengde ontplooiing word op R64 127 472 geraam.

Die vorige ontplooiing, wat in Julie deur die minister van polisie, Bheki Cele, aangekondig is, het net meer as R23 miljoen gekos.

Die soldate is oorspronklik in tien gebiede ontplooi om die polisie in gesamentlike operasies te help.

Dit is die tien bendegeteisterde gebiede, Bishop Lavis, Mitchells Plain, Delft, Elsiesrivier, Nyanga, Khayelitsha, Mfuleni, Philippi, Kraaifontein en Manenberg.

Hierdie gebiede is verantwoordelik vir 42% van pogings tot moord in die provinsie.

Meer oor:  Delft  |  Nyanga  |  Bishop Lavis  |  Mitchells Plain  |  Kraaifontein  |  Khayelitsha  |  Mfuleni  |  Elsiesrivier  |  Philippi  |  Kaapse Vlakte  |  Weermag  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.