Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Weermag moet bendegeweld in W-Kaap hokslaan – Zille
Dan Plato, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid. Foto: Peter Abrahams

Van alle bendeverwante moorde in Suid-Afrika vind 83% in die Wes-Kaap plaas.

Luidens die polisie se jongste misdaadstatistieke bly bendegeweld een van die grootste bydraende faktore tot die provinsie se hoë syfers vir moord en poging tot moord. Die statistieke dek die tydperk 1 April 2017 tot 31 Maart 2018. Uit die 973 bendeverwante moorde wat landwyd aangemeld is, was 808 die afgelope jaar in die Wes-Kaap.

In reaksie het Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, getwiet dat die misdaadsyfers net bevestig hoe broodnodig dit is om die weermag se hulp in te roep om bendegeweld in die provinsie hok te slaan.

Dan Plato, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, sê Wes-Kapenaars word steeds blootgestel aan onaanvaarbaar hoë vlakke van misdaad wat deur die vlaag van bendes, dwelms en vuurwapengeweld aangevuur word.

Plato sê dit is kommerwekkend dat 45% van die moorde en 56% van pogings tot moord in die Wes-Kaap in die 26 polisiekantore in die bendegeteisterde gebiede voorkom.

“Altesaam 57% van die vuurwapenverwante oortredings in die provinsie en 44,3% van dwelmverwante oortredings is ook by dié polisiekantore aangemeld,” sê Plato.

Baie meer bendeverwante moorde vind in die Wes-Kaap as in ander provinsies plaas. Die afgelope jaar was daar in die Oos-Kaap 87 bendeverwante moorde, gevolg deur die Vrystaat (46), Gauteng (14), Noordwes (13), Mpumalanga (3) en KwaZulu-Natal (2). Die Noord-Kaap en Limpopo het geen bendeverwante voorvalle aangemeld nie.

Grafika24

Plato sê die misdaadstatistieke wys daar was die afgelope jaar daagliks in die Wes-Kaap:

  • 10 moorde;
  • 10 pogings tot moord;
  • 19 seksuele misdrywe;
  • 116 gerapporteerde aanklagte van huisbraak;
  • nege van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie; en
  • 320 gerapporteerde dwelmverwante misdade.

“Die blote erkenning dat hulle (die polisie) nie misdaad in bedwang kan hou nie, sonder om die nodige stappe te doen om lewens te red, gaan net nie meer genoeg vir die mense van die Wes-Kaap wees nie,” sê Plato.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.