Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Weermag moet ook na PE kom, sê besorgde ma

’n Port Elizabethse ma, wie se vierjarige dogtertjie wonderbaarlik oorleef het nadat ’n dwaalkoeël van ’n bendeskietery haar in die rug getref het, sê die weermag met ook in dié bendegeteisterde deel in die Oos-Kaap kom ingryp.

Gracelynne Petersen (4) is byna in bendes se koeëlreën dood. Haar ma, Elaine, sê die weermag moet ook in die Oos-Kaap ingryp. Foto: Lulama Zenzile

Elaine Petersen (40) se dogtertjie, Gracelynne, is op 7 Julie amper dood toe die koeël haar hart met sentimeters gemis het en voor by haar bors uit is. Sy is Donderdag uit die hospitaal ontslaan.

“My kind het deur God se genade die skietvoorval wonderbaarlik oorleef. Ek is baie dankbaar dat die dokters haar kon help en dat sy nou tuis is.

“Die skietery in die gebied het nog nooit opgehou nie en die mense wat my dogter geskiet het, loop nog vry rond.”

Sy meen die weermag moet ook soos op die Kaapse Vlakte in Gelvandale en Helenvale teen die bendes ingespan word.

Die polisie kon vasstel dat sommige van die skieters lede van die Nice Time Bozzas-bende is, terwyl die ander strydende bende nog nie geïdentifiseer is nie.

Petersen was die betrokke dag met haar dogtertjie op pad na hul huis in Kobusstraat in Gelvandale toe die bendes op mekaar losgebrand het.

Toe die skote begin klap, het sy Gracelynne gegryp om in een van die bure se agterplase te skuil. Net voordat sy haar dogtertjie by die hek kon instoot, het sy gesê: “Eina, Ma.”

Petersen het ’n gat aan die agterkant van haar baadjie gesien en besef dat haar kind getref is. Die bloed het by haar wonde en mond uitgeborrel.

Die vog wat om haar hart opgedam het, is in die Dora Nginza-hospitaal gedreineer. Sy is daarna in die provinsiale hospitaal opgeneem, en Donderdag ontslaan.

Die polisie kon vasstel dat sommige van die skieters lede van die Nice Time Bozzas-bende is, terwyl die ander strydende bende nog nie geïdentifiseer is nie.

Gracelynne het Maandag breed geglimlig terwyl sy by die huis met ’n speelding speel.

Sy sê sy was in die hospitaal want iemand het haar geskiet, maar sy voel nou baie beter.

Petersen sê as dit nie vir die verband om haar dogter se lyf was nie, sou ’n mens nooit sê dat sy geskiet is en byna dood was nie.

Enigeen met inligting kan ao. Clive Phillips by 082 387 6765 bel.

Die polisie se teen-misdaadnommer is 0860 10111. Alle inligting word vertroulik gehanteer.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Bendeskietery  |  Weermag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.