Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Weermag-moord: Vrou vry, 2 ander vas

Die vrou wat in verband met die moord van stafsers. Preston Titus deur die polisie ondervra is, is intussen vrygelaat.

Twee ander mense bekend aan die vrou, ’n man (23) en ’n vrou (37), is deur die polisie in hegtenis geneem.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder in die Suid-Kaap, het bevestig dat die twee mense Woensdagmiddag in hegtenis geneem is. Pojie kon nie bevestig wanneer die twee verdagtes in die hof verskyn nie.

Titus se lyk is Saterdagoggend deur sy vrou, Magdaleen (Maggie) Titus,  in hul weermaghuis by die infanterieskool in Oudtshoorn gekry. Hy het verskeie steekwonde aan sy rug en sy ken gehad. Magdaleen is ’n raadslid in die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit en lid van die ANC se provinsiale uitvoerende raad in die Wes-Kaap.

Preston Titus Foto:Verskaf

Titus is oorspronklik van Worcester.

Die polisie het Sondag reeds gesê daar was geen teken van gedwonge toegang tot die huis nie.

Bronne met kennis van die ondersoek het Sondag gesê Magdaleen en hul jongste dogter (15) het in die hoofslaapkamer geslaap. Titus het in ’n ander slaapkamer in die huis geslaap toe hy vermoor is.

Hul oudste dogter (17) wat by vriende gekuier het, het ná middernag by die huis gekom en aan haar pa se kamervenster geklop vir hom om die deur vir haar oop te maak. Sy het haar pa ook probeer wakker bel, maar hy het nie gereageer nie. Magdaleen het toe wakker geword van die geklop aan haar man se kamervenster en gaan kyk hoekom hy nie opstaan nie. Sy het hom toe dood aangetref.

Meer oor:  Magdaleen  |  Preston Titus  |  Oudtshoorn  |  Weermag-Moord  |  2 In Hegtenis  |  Vrou Vrygelaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.