Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Weermaglid se wapen in kaping geroof

’n Lid van die Suid-Afrikaanse weermag se vuurwapen is Maandagmiddag in ’n vermeende kaping in Port Elizabeth geroof.

Dit is minstens die vyfde vuurwapen wat die afgelope maand deur rowers in die Nelson Mandelabaai-metro afgevat word.

Die voorval het Maandag omstreeks 17:30 op die R334 in Motherwell gebeur.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê die 54-jarige man en ’n passasier het na bewering met ’n Toyota Corolla gery toe hulle vir ’n jong man stilgehou het wat met ’n voorwerp in die middel van die pad gespeel het.

Dieselfde jong man het blykbaar na die slagoffer, ’n weermaglid wat van diens was, se motor gehardloop en die ruit aan die passasierskant stukkend geslaan voordat drie gewapende mans uit die nabygeleë bosse gekom en by die motor ingeklim het. Die slagoffer is na die agtersitplek gedwing en een van die kapers het die motor verder bestuur.

Volgens die polisie se inligting is die slagoffer en sy passasier na bosse in die NU29-woonbuurt in Motherwell geneem waar hulle vasgebind is. Nadat die weermaglid se vuurwapen en sy besittings afgeneem is, het die kapers met die Corolla weggery.

Die slagoffers het hulself losgemaak en die voorval by die polisie aangemeld.

Beetge sê dit is nog onduidelik wie die passasier is wat saam met die weermaglid was. Dit sal saam met die motorkaping ondersoek word.

Meer oor:  Nelson Mandelabaai-Metro  |  Port Elizabeth  |  Wapen  |  Misdaad  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.