Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Weldoeners’ steel glo geld op ongelukstoneel
Die motor het 85 km buite Calvinia op pad na Brandvlei in die Noord-Kaap omgeslaan en op sy dak beland. Foto: Verskaf

’n Vrou wat saam met haar twee dogters na die Kgalagadi-oorgrenspark onderweg was, se vakansiegeld is gesteel nadat hul motor op die R27 gerol het.

Die motor het 85 km buite Calvinia op pad na Brandvlei in die Noord-Kaap omgeslaan en op sy dak beland.

Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê twee vragmotorbestuurders het by die motorwrak stilgehou en gemaak asof hulle wil help, maar het toe glo R8 000 by die vrou gesteel en gevlug.

“Sowel die vrou as haar twee dogters het die ongeluk oorleef, maar is beseer. Hul toestand is bestendig,” sê Tawana.”

Hy sê die oorsaak van die ongeluk is onbekend.

Jacobus Barnard, die eienaar van ’n vervoermaatskappy, het ’n foto van die ongeluk en inligting oor wat gebeur het, op sosiale media gedeel in die hoop dat die verdagtes geïdentifiseer sal word.

Die saak word ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.